... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wen die ‘Lotto’ en vind geluk

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 16:25,26 want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. Wat sal dit 'n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal 'n mens gee in ruil vir sy lewe?

Listen to the radio broadcast of

Wen die ‘Lotto’ en vind geluk


Download audio file

Prioriteite, is ‘n snaakse ding. Ons weet dat ons, ons prioriteite in orde moet kry – ons tyd, ons geld, ons fokus – ons moet konsentreer op dié dinge wat regtig saak maak. Maar dis tragies hoe ons op die een of ander manier betrokke raak in belaglike dinge. Hoe dikwels het jy al gewens jy kan die ‘lotto’ wen? Dink net aan die miljoene – my aarde, sal dit jou nie gelukkig maak nie?

Maar weet jy, navorsing het die teendeel bewys. Roy Kaplan, van die Florida Instituut van Tegnologie, het meer as duisend lotery wenners oor ‘n tydperk van tien jaar opgespoor. Dit is ‘n baie deeglike studie en die resultate is ontstellend. Baie min lotery wenners het blywende geluk gevind. Baie van hul huwelike het op die rotse geloop en baie van hulle het hul fortuin verkwis. Waarom mors ons dan soveel van ons tyd en moeite om rykdom na te jaag?

Ons weet mos diep in ons wese dat  familie, verhoudings en geestelike vervulling, die dinge is wat regtig saak maak. Ek wonder wat sal gebeur as ons net gaan stil sit en dink aan hoe ons huidige prioriteite verskil van die werklike belangrike dinge in ons lewe.

Jesus het dit so gestel in: Matteus 16:25,26 want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. Wat sal dit ‘n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal ‘n mens gee in ruil vir sy lewe? As jy eerlik kan sê dat jou eerste prioriteit is om Jesus te volg, wil ek jou vriendelik dog ferm vra: Weerspieël jou lewensstyl, jou ware prioriteite?  Hoe lyk die wyse waarop jy jou tyd en geld spandeer? Die manier waarop jy ander mense behandel? Die besluite wat jy neem? Dink mooi!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge