... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Begeer die Goeie en Ervaar Seën

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 11:27 Wie die goeie nastreef, kan goedkeuring verwag; wie op die kwaad uit is, kry dit.

Listen to the radio broadcast of

Begeer die Goeie en Ervaar Seën


Download audio file

Die afgelope paar dae het ons in God se Woord probeer ontdek hoe Hy wil hê ons moet reageer op die toenemende gety van boosheid in hierdie wêreld. Die antwoord is om kwaad met goed te beveg.

Dit klink so eenvoudig, totdat jy dit probeer uitleef. Dit is in daardie situasie wanneer jy die ander ou se nek wil omdraai, of dalk net wil wegkruip en in ‘n bondeltjie gaan lê totdat die storm van die bose verbygegaan het. Maar weet jy, nie een van hulle sal werk nie. Nie een van hierdie reaksies is wat God van ons vra nie. Kom ons kyk wat Hy wil hê ons moet nastreef:

Spreuke 11:27 Wie die goeie nastreef, kan goedkeuring verwag; wie op die kwaad uit is, kry dit.

Wat ‘n wonderlike konsep; om die goeie na te jaag. Om elke dag met ‘n positiewe gesindheid op te staan; om met jou hele hart en met elke vesel van jou wese die goeie na te streef; daaraan te dink, dit te sê en te doen. Ja, my vriend en wees verseker jy sal teëstand kry in hierdie wêreld wanneer jy opstaan vir dit wat goed is. Die bose sal woedend word vir jou. Glo my.

Maar jy weet die goeie persoon staan altyd kop en skouers bo die ander uit. Die mense sal raaksien dat jy anders is. Binnekort sal jy ‘n reputasie as ‘n goeie, ordentlike, eerlike, liefdevolle persoon ontwikkel. Wanneer jy ywerig na die goeie soek, sal jy guns vind; nie slegs die guns van mense nie, maar die guns van God.

Dink mooi: wat is die alternatief? Om die begeertes van die vlees na te jaag en kwaad met kwaad te vergeld? Hoe goed het dit in die verlede vir jou gewerk?

Wie die goeie nastreef, kan goedkeuring verwag; wie op die kwaad uit is, kry dit.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.