... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Twyfelende Hollander

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Judas 1:22,23 Oor dié wat in twyfel verkeer, moet julle julle ontferm. Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk...

Listen to the radio broadcast of

Die Twyfelende Hollander


Download audio file

Ons twyfel almal soms. Ons twyfel oor ons eie vermoëns, maar ons twyfel ook soms oor God. Ons is onseker of Hy sal doen wat Hy sê Hy sal doen. Ons twyfel selfs daaraan dat ons eendag die ewigheid saam met Hom sal deurbring.

Ons het Jare gelede, hier by Christianityworks, ‘n skenking van $500 van ‘n onbekende skenker ontvang. Ek het die man se adres in die telefoongids opgespoor om hom te bedank, (dit wys jou net hoe lank gelede dit was!)

Sy stem het baie swak geklink. Dit blyk toe dat hy op sy laaste is met terminale kanker. Hy vertel my dat hy nie eers meer seker is of hy gered is of nie. Ek het die volgende dag die vliegtuig gehaal om hom te gaan besoek. Die vlug het meer gekos as die $500 wat hy geskenk het; iets wat ons destyds nie regtig kon bekostig nie. Ek moet ook vir julle sê, dat ek heel senuweeagtig gevoel het, aangesien ek nie besonder pastoraal begaafd is nie. 

Maar toe ek daar aankom, vertel hierdie bejaarde man my, in sy swaar Hollandse aksent, sy storie. Hy het sy lewe lank in Jesus geglo, maar nou in sy laaste dae het hy begin twyfel. Hy het baie vrae gehad: Is daar werklik ‘n God? Is hy werklik deur Jesus gered? Was sy lewe goed genoeg om hemel toe te gaan? Of sal hy tot die vuur van die hel verdoem word?

Judas 1: 22,23 Oor dié wat in twyfel verkeer, moet julle julle ontferm. Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk…

Hierdie dierbare man was bang dat hy sy redding verloor het, maar ek het hom gerus gestel en God het sy geloof herstel. Ons het met trane in ons oë mekaar omhels en ooreengekom om weer in die hemel te ontmoet. Hierdie gebeurtenis was een van die grootste voorregte van my lewe.

Oor dié wat in twyfel verkeer, moet julle julle ontferm. Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk …

 Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.