... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘God Gesprekke’

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Deuteronomium 6:4-9 “Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet 'n merk op jou voorkop wees. Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.

Listen to the radio broadcast of

‘God Gesprekke’


Download audio file

Waaroor gesels jy met jou vriende en familie wanneer julle saam oor ‘n koppie koffie of oor ‘n ete kuier? Wat was byvoorbeeld die hoofonderwerp van bespreking, laas toe jy saam met mense van jou kerk gekuier het?

Kom ons gesels vandag ‘n bietjie eerlik met mekaar. Dit is baie maklik vir ons om in ons daaglikse interaksies met mekaar van God te vergeet. Ons praat hieroor, ons praat daaroor – maar ons praat nooit oor God nie. Ons het nooit, wat ons sal bestempel as, ‘God-gesprekke’ nie.

En hoe meer ons in die alledaagse dinge betrokke raak … hoe meer vergeet ons hoe wonderlik God is. Ons dink nie daaraan hoeveel hierdie onsigbare, magtige God ons hele lewe bepaal nie. Miskien is dit hoekom Hy deur Moses hierdie opdrag aan sy volk gegee het:

Deuteronomium 6:4-9 “Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet ‘n merk op jou voorkop wees. Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.

As jy so sit en luister na wat God hier gesê het, kan jy enige van hierdie opdragte in jóú alledaagse handel en wandel herken? Hoe dikwels is God deel van jou gedagtes en gesprekke?

Praat jy met jou vriende en jou kinders oor hierdie opdragte as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.