... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Leer Lesse uit die Verlede

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Johannes 1:9 Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie. Wie in dié leer bly, erken sowel die Vader as die Seun.

Wat my regtig mal maak, is dat die dinge wat my ouers my vertel het toe ek ‘n tiener was – die dinge waarvoor ek my oë gerol het – ja, jy’t reggeraai! Hulle was toe al die tyd reg! 

Frustreer dit jou nie ook nie? Ek onthou dat ek as tiener gedink het: ‘Wat weet hulle? Hulle is outyds!” Het jy nie ook, toe jy ouer word en die lief en die leed van die lewe ervaar, besef dat die dinge wat ma en pa jou probeer leer het, tog vir jou eie beswil was nie?

Baie mense beweer vandag dat hulle Christene is. Hoewel hulle die Christus-naam vir hulself opeis, leef hulle as geestelik en emosioneel opstandige tieners. Hulle lees die Bybels en roep uit: ‘Wat weet God? Al die goed is outyds.’ En baie van wat Hy sê oor hoe ons moet lewe, hoe ons moet liefhê en hoe ons Jesus moet volg, is outyds! Luister mooi, vandag is hier ‘n waarskuwing in:

2 Johannes 1: 9 Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie. Wie in dié leer bly, erken sowel die Vader as die Seun.

Jy stem dalk nie oor alles wat God sê, saam nie, maar die Bybel is nie ‘Facebook’ waarop jy die ‘like’-knoppie klik en jou verregaande opinies kan plaas nie. Dit is beslis nie so nie.

Jy gehoorsaam die leer van Christus, met ander woorde jy leef daarvolgens, vertrou daarop, jy leer daardeur, of jy gehoorsaam dit nie. En weet jy, as ek terugkyk na my lewe, is die enigste tye wat dinge skeefgeloop het, die tye toe ek soos ‘n onvolwasse tiener besluit het dat ek beter as God weet.

Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie.

 Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.