... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Dinge wat ons as Vanselfsprekend Aanvaar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 25:40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

Listen to the radio broadcast of

Die Dinge wat ons as Vanselfsprekend Aanvaar


Download audio file

Baie mense het deesdae ‘n beleggingsportefeulje waarin hul vir hulle aftrede belê. Wel gedaan. Maar hoeveel mense het ‘n skekings-portefeulje wat in armes en behoeftiges belê? Hoeveel?

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie het twee miljard mense steeds nie toegang tot skoon drinkwater nie. Twee miljard!

Dit laat jou besef hoeveel dinge ons as vanselfsprekend aanvaar. Jy leef uiteindelik in jou eie kokon … en aanvaar dat die vars skoon water wat jy in jou huis het, die norm is, maar in werklikheid is dit alles behalwe.

Jesus het hierdie gelykenis oor die oordeelsdag vertel in:

Matteus 25: 34-40 Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee. Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’’

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge