... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Droë Spons

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 7:37,38 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

Listen to the radio broadcast of

Die Droë Spons


Download audio file

Vir ons, wat in Jesus glo, is daar niks erger as wanneer dit voel asof ons diep binne-in dors het nie. Dit voel asof die egtheid en spontaniteit in ons verhouding met Jesus soos mis voor die son verdwyn het. Die ander oggend toe ek vir my ‘n koppie tee maak, mors ek met die swaaiende teesakkie op die kombuistoonbank.

Ek is seker dit het al met ons almal gebeur! Ek haal die sponsie uit die wasbak, maar dit het oornag droog geword. Teen my beter wete, probeer ek die gemorste tee daarmee opvee. Die resultaat? Al wat dit gedoen het, was om die tee oor die toonbank te smeer, want die droë spons kon nie die gemorste tee opsuig nie.

Ek was verplig om die spons nat te maak, voordat dit die plassie tee kon opvee. Soms is ons ‘n bietjie soos die droë spons. Iets ontbreek. Om die een of ander rede loop dinge net nie soos hulle moet nie. Jy ken die gevoel –  jy probeer dinge doen wat jy gewoonlik moeiteloos en goed doen, maar dié keer is dit ‘n gemors. Weet jy hoekom jy misluk het?  Dit is omdat daar iets ontbreek het.

Johannes 7:37,38 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ” Daar is dit. Voordat die Gees uit jou kan uitvloei, moet God jou eers vul.

Maar, voordat jy die doel kan bereik, waarvoor God jou geskape het, moet jy eers dors wees. Waar begin jy? Jy gaan na Jesus en vra Hom om jou te vul met sy Heilige Gees. Dan sal strome lewende water uit jou binneste vloei.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge