... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Stok

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jeremia 17:7,8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.

Listen to the radio broadcast of

Die Stok


Download audio file

Ons ervaar verskillende seisoene in ons lewens en party is beter as ander. Ons weet daar is vier seisoene per jaar, maar as ons in die middel van een van daardie diep, donker, koue winters van die lewe is, is dit moeilik om te onthou dat die lente om die draai is. ‘n Paar jaar gelede het ek en my vrou ‘n stok gekoop.

Wel, eintlik was dit ‘n klein Chinese kershoutbloekom-boompie met daardie liggroen, hartvormige blare, wat gedurende die herfs ‘n pragtige goudkleur kry. Ons het die boom in die winter gekoop, en dit het soos ‘n gewone stok, van ongeveer sestig sentimeter lank, gelyk.

By die kwekery het hulle ons verseker dat dit die ware Jakob is, maar op daardie stadium was dit net ‘n ‘stok.’ Vandag is dit ‘n ongelooflike mooi boom, ongeveer vier en ‘n half meter hoog en drie meter in omtrek, net soos hulle belowe het; lank, gesond, mooi en florerend. Ek dink terug aan daardie stok en skud net my kop – hoe het dit gebeur?

Net God het die antwoord. As jy om jou kyk, besef jy dat hierdie groeiproses deel van sy plan is. As dinge lank en gesond is en floreer, het hulle lewe wat deur hulle vloei. En dit is God se plan ook vir jou.

Jeremia 17:7,8
Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is; so iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; ‘n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.

Daar sal seisoene wees wanneer jy soos ‘n stok voel en lyk. Vertrou op die Here gedurende hierdie tye, en jy sal geseën word. Jy sal daardie sterk, pragtige, veerkragtige boom word, met sy lewe wat deur jou are pols.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge