... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Sê nou ons het net 60 Sekondes

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 10:9 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

Listen to the radio broadcast of

Sê nou ons het net 60 Sekondes


Download audio file

Hemel, Hel, Ewigheid … dit lyk nou nie baie relevant nie. Maar weet jy, eendag, as ons in die Ewigheid is, sal al die dinge wat vandag vir ons so belangrik is, heeltemal irrelevant wees. Sestig sekondes. Dit is al wat ons het. Wat moet ek sê?

Hoe kan jy die volgende sestig sekondes gebruik om jou Ewigheidsbestemming te verander? Ek en jy doen ‘n tandem-valskermsprong. Ons spring uit die vliegtuig, ek trek die trekkoord, maar ons valskerm is verstrengel. Die nood valskerm funksioneer ook nie. Ons klou mekaar desperaat vas en stort neer na ‘n onvermydelike dood.

Ek het net sestig sekondes om die belangrikste nuus, wat ek ooit vir jou kan vertel, nóú te vertel. Hier is dit: Vriend daar is ‘n God. Daar is ‘n Hemel. Daar is ‘n Hel. Dit kan ek jou verseker – daar is! Weet jy: God het jou so baie, baie lief, dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het om vir jou te sterf. Om vir jóú sondes te betaal. En die enigste manier – die enigste manier – wat jy die Ewige Lewe kan kry, is om nou jou vertroue in Jesus te plaas.

Romeine 10:9 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Nou-ja, hopelik het ek en jy ‘n bietjie meer as sestig sekondes van ons lewens oor. Maar ons weet al twee dat die einde kom.

Ek en jy is onvermydelik besig om al hoe nader aan die einde van ons lewens te beweeg. En as dit gebeur, bepaal dit wat jy glo, waar jy die res van die Ewigheid gaan deurbring. Daar is ‘n Hemel. En daar is ‘n Hel. As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge