... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Totaal Ondenkbare

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 2:6-8 Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade: aan dié wat in goeddoen volhard en op dié manier soek na ewige heerlikheid, eer en onverganklikheid, gee Hy die ewige lewe; maar dié wat uit selfsug ongehoorsaam is aan die waarheid en toegee aan die ongeregtigheid, straf Hy in sy toorn.

Listen to the radio broadcast of

Die Totaal Ondenkbare


Download audio file

Dit is ongelooflik hoe dinge soos ons eie ervaring, ons verwagting van wat moontlik is, en wat ons dink in die toekoms kan gebeur, ons beperk. En vir baie mense sal dit ongelukkig tot ‘n ewige hel lei.

Op 17 Desember1903 het Orville en Wilbur Wright die wêreld se eerste beheerde ​​vlug van ‘n swaarder-as-lug-meganies-aangedrewe- vliegtuig onderneem. Destyds was die idee van massa-lugvaart heeltemal ondenkbaar. Vandag onderneem miljoene mense daagliks vlugte.

Op 3 Desember1967 het dr. Christian Barnard die eerste hartoorplanting uitgevoer. Sy pasiënt, Louis Washkansky, het slegs vir  18 dae geleef. Destyds was dit heeltemal ondenkbaar dat duisende mense elke jaar sulke oorplantings sou ontvang en daarna betreklik normale lewens kon lei.

Net dertig jaar gelede was die verreikende invloed van die internet heeltemal ondenkbaar. Dit is vandag ‘n onontbeerlike hulpmiddel vir biljoene mense.

Vir baie mense is die idee van Jesus, die hemel en die hel, ondenkbaar. En tog gebeur die ‘ondenkbare’ die hele tyd. Die apostel Paulus skryf in:

Romeine 2:6-8 Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade: aan dié wat in goeddoen volhard en op dié manier soek na ewige heerlikheid, eer en onverganklikheid, gee Hy die ewige lewe; maar dié wat uit selfsug ongehoorsaam is aan die waarheid en toegee aan die ongeregtigheid, straf Hy in sy toorn.

Tweeduisend jaar gelede het God ‘n uitnodiging in die bloed van sy Seun op Golgota, aan ‘n kruis geskryf. Dit lui:

Ek kom terug. En my kruisiging was vir jóú. Waarom kom jy nie na  My toe nie? Waarom plaas jy nie jou vertroue in My nie? Ek wil jou vir ewig by My hê.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge