God is die God van ‘n Nuwe Begin
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.
Psalm 40:2-4 Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op 'n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop. Hy het my 'n nuwe lied in die mond gelê, 'n loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou!
Soms lyk dit asof niks ooit sal verander nie, asof niks ooit beter gaan word nie. Sien God nie wat besig is om te gebeur nie? Het jy al so gevoel? Toemaar, vandag het ek goeie nuus vir jou. Net wanneer dit lyk asof niks ons uit hierdie treurige bestaan gaan red nie en of niks ooit beter gaan word nie, kom daar iemand wat sê: “Het jy geweet dat God ‘n God van ‘n nuwe begin is?” “Ag asseblief,” hoor ek iemand dink. “Regtig? Daar’s niks wat ooit verander nie. Niks gaan ooit regkom nie.” Kan ek in die rukkie wat ons saam is, net een ding met jou deel? Wat ook al in jou lewe aangaan, wat ook al jou pyn is of jou vrees, jou frustrasie, eensaamheid, fisiese pyn, verlies of teleurstelling … God wil ingryp en vir jou ‘n nuwe begin gee. Koning Dawid van Israel, wat beslis hierdie emosies beleef het, het in Psalm 40: 2-4 geskryf: Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op ‘n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop. Hy het my ‘n nuwe lied in die mond gelê, ‘n loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou! Luister na my: God is die God wat jou sal oprig, jou voete op vaste grond sal sit en ‘n nuwe lied, ‘n loflied, in jou hart en op jou lippe sal plaas. Moenie tou opgooi nie, glo in Hom … wag dat Hy jou uittrek uit jou slymerige put. Hy is die God van ‘n nuwe begin. Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.