... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Tyd Vlieg

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Listen to the radio broadcast of

Tyd Vlieg


Download audio file

Ek het onlangs saam met ‘n paar vriende gekuier en ons het oor die toekoms gepraat.  Hierdie vriende was almal baie ouer as ek, met die gevolg dat die onvermydelikheid van die dood, vir hulle ‘n groter realiteit was. Kan jy dit glo? Hier is ons, dit is al die middel van September. Hoe het dit gebeur? Waar is hierdie jaar heen? Voor ons onsself kan kry, is dit weer Kersfees! Ek onthou toe ek ‘n kind was, hoe my ouers dikwels gesê het: “Ai, dit lyk asof die jare al hoe vinniger verby vlieg”. Ek het gedink hulle is simpel. Elke jaar op skool het soos ‘n ewigheid gevoel. Nou ja, my pa is nou al amper ‘n kwarteeu lank dood, my ma het nou die dag negentig geword en ek is in my sestigerjare! En ek moet sê dat hulle reg was! Dit lyk asof die jare al hoe vinniger verbyvlieg! Dit is maar hoe dit is. Wat hou die toekoms vir ons in? Net nog ‘n jaar wat een van die dae eindig en dan is dit die volgende jaar en die volgende en die volgende … en waarheen dan? In Johannes 14: 6 lees ons: Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. Gelukkig weet ek hoe my “en waarheen dan?” gaan lyk. Dit is ‘n ewigheid by God, want ek glo in Jesus. Jesus wat aan daardie kruis vir jou en vir my gesterf het. Dieselfde Jesus wat weer opgestaan ​​het om vir ons die gawe van die ewige lewe te gee. Dié Jesus wat sy Heilige Gees gestuur het om elkeen, wat sy lewe aan Hom toevertrou, te vul. ‘n Ewigheid saam met Jesus. Dit is waar my “en waarheen dan?” gaan wees. Wat van joune? Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge