... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gooi die baba met die badwater uit

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 7:6-8 berispe Jesus die Fariseërs en Skrifgeleerdes: Hy antwoord hulle: “Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom. Julle is skynheiliges, soos daar geskrywe staan: “Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie. “Julle laat die gebod van God los en hou aan die oorgelewerde gebruik van mense vas.”

Listen to the radio broadcast of

Gooi die baba met die badwater uit


Download audio file

Vir almal wat Jesus opreg volg, bestaan daar spanning … tussen die rigting waarin ons kultuur ons roep, en die rigting waarin Christus ons roep. Die twee is selde, dieselfde. Hoe kies jy?

Het jy al ooit na ou foto’s van jouself gekyk, en gedink: “Sjoe, ek kon tog nooit só aangetrek het nie!” Dames, kyk net, daardie oranje mini-romp met die platform-skoene of die wit stewels.  En manne, die pers “bell-bottoms,” daardie “sidies,” of miskien was dit daardie groot, hang snor. Dit is snaaks hoe tye verander. Modes en idees verander. Dit is uit met die oue, in met die nuwe. Dit is eintlik maar net die manier waarop die modebase die ekonomie manipuleer.

Kyk byvoorbeeld na hoe klank-opnemers ontwikkel het: Bandopnemers, Kassetopnemers, CD-spelers, DVD-spelers, MP3-spelers. Weet jy dat dit nogal skaars is om as gesinne, met etes saam om ‘n tafel te sit, selfs saam kerk toe te gaan? Dis outydse godsdiens. Ja, ‘n uitgediende vorm van godsdiens! Ek kan onthou hoe hard die kerkbanke was. Nee wat, gooi hulle uit!

Maar het ons nie miskien die baba met die badwater uitgegooi nie? Het ons nie deur die wêreld geïndoktrineer geraak nie? Ons kultuur skryf vir ons voor wat ‘waar’ is, en nou is ons so verward, dat ons nie meer weet wát waar is nie. Ons weet nie meer hoe om tussen kultuur en Christus te kies nie!

Markus 7:6-8  berispe Jesus die Fariseërs en Skrifgeleerdes: Hy antwoord hulle: “Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom. Julle is skynheiliges, soos daar geskrywe staan: “Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie. “Julle laat die gebod van God los en hou aan die oorgelewerde gebruik van mense vas.” 

As jy in Jesus glo, word jy nie bestem om die kultuur te volg nie. Jy word geroep om Christus te volg.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.