... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Handelsnaam: Jesus

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 5:7,8 ‘n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

Listen to the radio broadcast of

Handelsnaam: Jesus


Download audio file

In vandag se winsgedrewe mark is ‘n bekende handelsnaam alles. As jy die ‘regte’ of soos die jongmense sê ‘cool’ handelsnaam kan registreer, selfs al is jou produk maar so-so, sal jy waarskynlik baie geld maak. Maar die populariteit van ‘n handelsnaam is ‘n wispelturige ding. Ek het nou die dag ‘n tiener gevra: “Wat is cool?” ‘Cool’ is ‘n konsep wat baie belangrik is onder jong mense. ‘Cool’ beïnvloed baie besluite, tot op die punt waar motorvervaardigers hul advertensies op kinders rig! Kinders besluit wat ‘cool’ is, en die motorvervaardigers verstaan watter impak hulle op hulle ouers het. Kan jy glo, dat kinders selfs die keuse van ‘n nuwe motor kan beïnvloed? Ongelooflik! Wat beteken dit om vandag ‘cool’ te wees? Is dit om die nuutste slimfoon te besit, of om ontwerpers-etiket-klere te dra of die nuutste tendens na te volg? En wat van die Jesus-handelsnaam? Hier is die snaakste ding. Alhoewel ‘kerk’ nie meer as ‘cool’ bestempel word nie, word Jesus gesien as baie ‘cool’. Hierdie Jesus wat teen skynheiligheid opgetree het, wat die armes gehelp het, wat dinge gesê het, wat sin maak, en dinge gedoen het, wat eg was. Dis ‘cool’! Maar hier is die belangrikste ding. Die Jesus-handelsnaam troon bo alles uit, want Hy is God wat met ons praat in ‘n liefdestaal wat ons kan verstaan. Romeine 5:7,8 ‘n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir ‘n regverdige nie. Ja tog, vir ‘n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Jesus is God, wat met sy hele lewe sê: “Ek het jou lief”. Ons wil almal só liefgehê word. Jesus het nie slegs van liefde gepráát nie. Hy het liefgehad met sy hele lewe. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge