... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gemorskos vir die Hart

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 4:23 Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.

Listen to the radio broadcast of

Gemorskos vir die Hart


Download audio file

Ons wil almal graag gemaklik deur die lewe gaan. Ons doen dieselfde dinge wat ons nog altyd gedoen het, met die hoop om effens beter resultate te verkry! En dit, sonder om te wonder, of die idees en mense wat ons toelaat om ons te beïnvloed, ons goed of kwaad doen. Merkwaardig! Ons weet almal dat gemorskos sleg is vir ons. Ons weet dit, en tog was daar nog nooit in die geskiedenis van die mensdom, meer suiker, verfynde koolhidrate, meer chemiese vervaardigde olies en verwerkte voedsel geëet, as nou nie. Is dit dan ‘n verrassing dat diabetes, hartaanvalle, beroerte, kanker en demensie almal aan die toeneem is? Gesondheidsbegrotings is heeltemal buite beheer. Hospitale kan eenvoudig nie die druk hanteer nie. Ons weet nou wat die probleem is, maar ons weier om die verband tussen dít wat ons eet, en die verskriklike gesondheidsuitkomste te erken. Ons dra dus die gevolge van ons eie dade. Drie duisend jaar gelede het koning Salomo, een van die wysste manne wat ooit geleef het, geskryf in: Spreuke 4:23 Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.

Hy het nie gepraat van die vuisgrootte pomp in jou borskas nie. Hy het gepraat van jou wese; van wie jy is, die kern van jou bestaan. En tog hou ons aan om emosionele en geestelike gemorskos te eet – die televisieprogramme wat ons kies om te kyk, die gesprekke waaraan ons deelneem, die leuens van hierdie wêreld wat ons aanhou glo. En dan verwag ons roem, rykdom en erkenning, terwyl ons sonder ophou hierdie vernietigende dinge in ons eie keelgate afdruk. En die gevolge is voor die hand liggend. Die probleem is dat ons nie die verband wil insien nie. Al wat ons is, alles wat ons doen, die lewe wat ons lei, vloei uit die hart. Hou op om dit met geestelike gemorskos te vul. Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge