... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dis die Eenvoudige Dingetjies wat tel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 3:16 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Daar is deesdae nie baie positiewe stories op die nuuskanale nie! Of hoe? Maar ek dink dat ons dinge te krities ontleed en onnodig kompliseer, selfs as dit goed gaan! Op die ou end is die meeste dinge redelik eenvoudig. Veral as dit by die waarheid kom. Vandag se ekonomie is ‘n baie ingewikkelde ding. Dis aandele, aandelemarkte, dividende, termynkontrakte, afgraderings, wisselkoersskommelings, inflasie, deflasie … Maar weet jy, geld is tog ‘n baie eenvoudige ding. Spandeer minder as wat jy verdien, bepaal jou prioriteite, spaar ‘n bietjie vir die toekoms en belê verstandig. ‘n Mens hoef nouliks geniaal te wees om dít te verstaan. Maar ten spyte van die gesofistikeerdheid en gekompliseerdheid van die finansiële markte, was huishoudelike skuld nog nooit hoër as nou nie! Dit voel vir my ‘n bietjie soos die teologiese biblioteek, waarin ek ‘n paar jaar gelede rondgeloop het. Dit was propvol boeke oor God. En ek het heimlik gedink: “Hoe kan soveel mense so baie boeke skryf, oor iets wat so eenvoudig is? Veral in ‘n tyd waarin die grootste aantal mense, ooit in die geskiedenis, ver van God af is!” Miskien word ons so verblind deur die kompleksiteit, dat ons die eenvoudige waarheid uit die oog verloor! Johannes 3:16God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. Dit is die goeie nuus. Jesus het gesterf om die prys vir sonde, joune en myne, aan die Kruis te betaal. Dit beteken dat Jesus die ononderhandelbare prys, wat God geëis het, moes betaal, sodat ons, as ons net op Jesus vertrou, die gratis geskenk van die Ewige Lewe sal ontvang. Baie teoloë besit baie boeke oor God. Veels geluk! Maar die goeie nuus van Jesus Christus, is iets so eenvoudig, dat selfs ek dit sonder honderde boeke, kan verstaan. Deur wat Christus vir jou gedoen het, word jy vergewe. Vertrou op Hom. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge