... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Huweliksmaats

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 3:7 Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.

Listen to the radio broadcast of

Huweliksmaats


Download audio file

Waarom eindig so baie huwelike in ‘n egskeidingshof of ontwikkel dit in ‘n voortslepende vreugdelose bestaan? Waarom gebeur dit? Die huwelik was tog bestem om ‘n ongelooflike seëning van God te wees? Dit het so goed gegaan aan die begin, dit was so romanties. Waarheen het die aanvanklike vreugde verdwyn? Hoekom het dit gebeur?

Ek en my vrou, Jacqui, was onlangs vir ‘n paar dae alleen weg – weg van die huis, weg van die gesin en werksverpligtinge. Net die twee van ons. ‘n Week van volkome rus op ons eie.

Jy weet, dit is eers wanneer jy uitspan, dat jy besef hoe hard jy gewerk het en hoe moeg jou liggaam en gees regtig is.

Wag nou, moet my nie verkeerd verstaan nie; daar is absoluut niks verkeerd met harde werk nie – ek is self ‘n groot voorstander daarvan! Maar ek weet: God het my die mooiste en die beste vrou gegee. Sy is, sy seën vir my. Dit is wonderlik, maar tog so maklik vir ons almal om ons geseënde huwelike as vanselfsprekend te aanvaar.

Soos baie ander paartjies werk ons hard, maar ons wil ook graag spesiale tye saam deurbring. Ons het die begeerte om net saam te wees, te rus en mekaar tot seën te wees. En dit is ‘n fantastiese ding om te doen.

1 Petrus 3:7 Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.

Kan ek julle getroude paartjies aanmoedig om jul huweliksmaats met respek te hanteer? Om af en toe iets spesiaals te beplan. Om mekaar te verras – dalk ontbyt in die bed? Of daardie spesiale afspraak? Dit hoef nie ‘n spul geld te kos nie.

Die huwelik is so ‘n seën van God … en dit is so maklik, so maklik, om dit te vergeet.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge