... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Kat by die Venster

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 5: 14,15 En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.

Listen to the radio broadcast of

Kat by die Venster


Download audio file

As jy aan God dink en al die hooi wat Hy op sy vurk het, dink jy dat Hy op hierdie oomblik aandag aan jou probleme kan gee? Is Hy betrokke… of is Hy êrens besig met iets anders? Ek het ‘n kat by die huis en haar naam is Doggy. Rare naam vir ‘n kat, nè? Elke oggend wanneer ek kombuis toe gaan om ‘n koppie tee te maak, sit sy daar buite op die vensterbank en vra om binne te kom. Doggy weet hoe om ‘n mens te manipuleer. Dis haar truuk; sy sit daar en maak seker dat jy haar moet sien! Die houding, gesigsuitdrukkings en oogkontak. . .  Ek is seker sy sou ‘n driedubbele bollemakiesie slaan, as sy kon, net om aandag te trek, net om te sê: “Laat my in.” Ek het in die verlede gedink dat dit só met God sou werk. As ek uiteindelik na Hom toe gaan met iets, sal ek bollemakiesie moet slaan om sy aandag te trek. Ek sal seker ook spesiale gebede, of die een of ander geheime formule moet hê, of ek sal  eers moet seker wees dat my lewe rein is. Ek sal sekerlik iets indrukwekkend moet doen, voordat Hy my kan inlaat. Nee, dis nie hoe dit met God werk nie. Ons lees in: 1 Johannes 5: 14,15 En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra. Wat jy ook al vandag op jou hart het, wat jou ook al pla, wat jy ook al nodig het, wat jou seergemaak het; praat sommer nou met God en vra Hom. Kan dit regtig so eenvoudig wees? Natuurlik kan dit. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge