... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Mislukking

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

Listen to the radio broadcast of

Mislukking


Download audio file

Eish, daar is tye in die lewe wanneer jy net alles wil opgee, die handdoek wil ingooi en in jou dop wil terugtrek. Ek verstaan. Ek was ook al daar. Maar ek het vandag goeie nuus vir jou. God het ‘n totaal ander plan. Laat ek jou vra – het jy al ooit in jou lewe gevoel asof jy ‘n mislukking is? Dit lyk asof almal rondom jou gesonde, bruikbare en produktiewe lewens lei – maar jy voel nutteloos, asof jy vinnig besig is om jou ‘verval datum’ te bereik. Dit is eintlik ‘n redelik algemene gevoel, veral as jy ‘n bietjie ouer word en die sprankelende, jong geslag op jou hakke sien aankom. Dit gebeur op een of ander tydstip met ons almal, en as jy niks het om na uit te sien nie – geen hoop of drome nie – is dit regtig neerdrukkend. Maar dit is nie God se plan vir jou nie. Inteendeel. Dít is wat Hy vir sy volk Israel gesê het toe hulle op ‘n hopelose plek was en ek wil met my hele hart glo dat Hy dit ook vandag vir jou en vir my sê: Jeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting! Miskien ken jy daardie gedeelte goed, maar hoe beter ons met iets vertroud is, hoe groter is die kans dat ons dit kan miskyk. Maar wag, luister na wat God vandag vir jou sê. Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting! Hou moed  – die beste is op pad. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge