... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Dom idee?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 6:27,28 “Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.

Listen to the radio broadcast of

‘n Dom idee?


Download audio file

Die ‘wet van die oerwoud’, is baie eenvoudig. Wees goed vir die mense wat goed is vir jou. En behandel die mense wat sleg optree teenoor jou, sleg. Dis mos hoe dinge nog altyd werk! Maar toe kom Jesus en verongeluk die stelsel. Ek wil jou vandag vra om iets vir my te doen wat geheel en al irrasioneel, radikaal en belaglik klink. Dink aan die een persoon in jou lewe wat jou liefgehad het, jou gehelp het, jou geseën het en vir jou meer as enigiemand anders op die planeet omgegee het. Dink nou aan die een persoon wat jou meer hartseer en pyn veroorsaak het, as wat woorde ooit kan beskryf. Dit is nogal ontstellend nè? Hier kom nou die irrasionele deel – ek wil hê dat jy vandag vir albei hierdie mense iets moet doen; iets wat hul voete onder hulle sal uitslaan!! Doen iets proaktief, doelbewus, liefdevol om uit te reik en om hulle op ‘n tasbare, onmiskenbare manier om aan te raak. Iets wat sê: ‘Ek gee om vir jou, ek waardeer jou en ek is lief vir jou.’ Dit is maklik om die persoon wat jou liefhet, lief te hê. Enigiemand kan dit doen. Maar dis baie moeiliker met daardie persoon wat jou pyn en hartseer veroorsaak het. . . Dit is so dikwels dat laasgenoemde ons liefde en ondersteuning dringend nodig het. Ek weet dit klink verregaande. Dit is ‘n dom idee. Wie het daarmee vorendag gekom? Lukas 6: 27,28 “Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word. Vind gerus ‘n manier om daardie persoon wat jou seer en pyn veroorsaak het, te seën …ter wille van Christus. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge