... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wat is Eensaamheid?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 18:35-40 Jesus het naby Jerigo gekom. Toe 'n blinde man wat daar langs die pad sit en bedel, die groot menigte mense hoor verbyloop, vra hy wat aan die gang is. Hulle vertel hom toe: “Jesus van Nasaret gaan hier verby. ”Toe roep hy uit: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Die mense wat voor geloop het, het hom beveel om stil te bly, maar hy het al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Jesus gaan toe staan en gee bevel dat hy na Hom toe gebring moet word.

Listen to the radio broadcast of

Wat is Eensaamheid?


Download audio file

Kom nou, ons moet erken, dat sommige mense ‘n baie goeie indruk op ons maak en ander nie. Net sommige mense lyk goed en klink goed, ander nie. En as ons volkome eerlik met onsself is, is ons geneig om aangetrokke te voel tot diegene wat ons beïndruk. Het jy al opgemerk hoe sommige mense gemaklik aan groepsbesprekings deelneem, terwyl ander terugstaan en miskien selfs skaam is? Ek het die ander dag in ‘n vergadering gesit, en een van die baie stil mense in die groep het iets gesê, wat my onkant betrap het. Hy het gesê: “Ek dink eensaamheid is wanneer nie genoeg mense weet wie jy is nie.” Is dit nie betekenisvol nie? En jy kon hoor dit kom uit sy diep, persoonlike belewenis. Soms dink ons ​​dat diegene wat minder indrukwekkend in ons midde voorkom, niks te sê het nie. Die wêreld rol dus bo-oor hulle. Wat sou verander as ons maar net kon stilbly en luister? Lukas 18:35-40 Jesus het naby Jerigo gekom. Toe ‘n blinde man wat daar langs die pad sit en bedel, die groot menigte mense hoor verbyloop, vra hy wat aan die gang is. Hulle vertel hom toe: “Jesus van Nasaret gaan hier verby.” Toe roep hy uit: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Die mense wat voor geloop het, het hom beveel om stil te bly, maar hy het al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Jesus gaan toe staan en gee bevel dat hy na Hom toe gebring moet word.         Wat kan minder belangrik wees as ‘n blinde bedelaar wat langs die pad sit? Die skare het hom probeer stilmaak, maar Jesus het daar gaan stilstaan en gesê: “Bring die man na my toe!” Ek is dol oor Jesus. Hy het die skare geïgnoreer en gestop, geluister en die bedelaar genees. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge