... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Voel Goed

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 16:33 Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

Listen to the radio broadcast of

Voel Goed


Download audio file

Kan ek jou vra, hoe belangrik is jou gevoelens vir jou? Hoe belangrik is dit vir jou om goed oor jouself te voel? As jy in Jesus glo, behoort jy so baie oor jou gevoelens en gedagtes te dink? Weet jy wat het ek ontdek? Elke mens het inherent die behoefte om goed oor homself te voel en ek dink dit is net natuurlik. Maar verander dit in die lig van beproewings? Ek is oortuig daarvan dat elkeen van ons op hierdie planeet, iets het, wat ons liewer nie wil hanteer nie. Dit is juis daardie “iets” wat ons van die gevoel van vrede in ons binneste beroof. Is ek reg? Jesus het, toe hulle vir hulle lewens gevrees het, sy dissipels met dié woorde gerus gestel: Johannes 16:33 Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” Elke keer as ek praat oor hoe ons goed moet voel oor onsself, kom iemand na my toe en sê: “Sjoe, Berni, ek weet nie of jy dit moet sê nie.” Maar weet jy, ek moet! Jesus het gesê dat jy in hierdie lewe probleme gaan hê, maar dat jy te midde daarvan dapper moet wees, want Hy het die probleme klaar oorwin. Hy het ook gepraat van vreugde en vrede te midde van lyding. Hy het aan die kruis gesterf om dít vir ons te koop; om ons van ons skuldgevoel, onsekerheid en minderwaardigheid te bevry. Vandat ek dít verstaan het, het ek nie opgehou om goed oor myself te voel nie, want ek het besef dat dit nie meer oor my gaan nie, maar oor dit wat Jesus vir my gedoen het. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge