... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Saai- en Oestyd

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Galasiërs 6:9 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.

Listen to the radio broadcast of

Saai- en Oestyd


Download audio file

Het jy nie al soms, net so effens, ongeduldig geraak met God nie? Jy hou aan om goed te doen, goed te doen, goed te doen … maar jou seën, jou beloofde oes, wil maar net nie kom nie. Laat ons eerlik wees, ons wil almal die beste uit die lewe put; ons wil ‘n oes insamel. Ons saai met groot pyn en lyding ‘n saadjie. Kom ons dink aan iets eenvoudig, soos om iemand te vergewe, wat ons nie lus het om te vergewe nie. Of om iemand te help as ons nie lus voel om hulle te help nie. Oukei, ek het vergewe, wat nou? Nou begin my brein met my draaie loop: – hy sê:  Ek het iets gedoen. Ek het ‘n saadjie gesaai. En wat kry ek nou daaruit? Waar is my oes? Wat van my? Jy’s heeltemal reg om só te dink. God leer ons immers van saai en oes. Maar daar is iets wat tussen die saai en oes lê … en daardie iets, is tyd. Tyd is ‘n snaakse ding. Dit voel asof die tyd stilstaan terwyl ons ‘n opbrengs op ons belegging verwag. En nou raak ons ​​ongeduldig … en jy weet wat dit tot gevolg het: ons begin soos rebelse tieners teenoor God optree, en ons eis ons oes van Hom. Galasiërs 6:9  Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Hier is God se belofte –  as ons nie moeg word om goeie dinge te doen terwyl ons wag nie, en nie moed verloor nie, dan sál ons die oes ontvang. Wanneer? Daar is ‘n spesifieke tyd om ‘n oes in te samel. Slegs wanneer die oes ryp is. Dit word oestyd genoem. En dit gebeur wanneer dit God se bestemde tyd daarvoor is. Moenie intussen moeg word om goed te doen nie. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge