... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Harde Werk

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Titus 3:4-7 Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.

Listen to the radio broadcast of

Harde Werk


Download audio file

Dit gebeur so maklik dat ons, te midde van alles wat om ons aangaan, die kern van ons lewens miskyk. Ons luister na Christene se gesprekke en dit wat hulle sê, laat ons ongemaklik voel. Godsdiens. Nee dankie, dis nie vir my nie. Maar wag nou, dit is nie waaroor dit gaan nie! Dalk mis jy die kern! Weet jy, ons leef in ‘n tyd waarin mense dit nie net vreemd vind nie, maar aanstoot neem, as jy sou praat van wat reg en verkeerd is. Mense wil nie hoor wat God sê en verwag nie. Hoe durf hierdie Christene hulle verouderde, verkrampte sedes vir die res van ons oplê? Dis hoe mense redeneer. Weet jy, dit is hoe my kop ook  destyds gewerk het. Maar as ons eerlik wil wees, is daar vandag in hierdie moderne eeu, met al die sogenaamde wyshede en vryhede, nog nooit soveel gebroke huisgesinne, eensame, honger en minderbevoorregte mense nie. Selfs diegene wat in weelde leef, dié wat met ‘n goue lepel in die mond gebore is, weet dat hulle iets kortkom. Kan ek jou vandag ‘n geheim vertel? Kan ek die kern van die Christelike boodskap met jou deel? Dit spreek tot ons diepste nood. Titus 3:4-7 Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.  Jesus het uit sy eie vrye wil gekom om ons van die toorn van God, wat elkeen van ons verdien, te red. Hy het dit gedoen uit sy goedheid, liefde en genade. Ons kon niks doen om dit te verdien nie. Jesus het gekom om jou te red. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge