... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Waarde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 3:23-25 Almal het gesondig, en is ver van God af, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe.

Listen to the radio broadcast of

Waarde


Download audio file

Het jy al gedink aan wat vir jou kosbaar is? Wat van jou huis, jou  nuwe kar, duur besittings – sal jy dit weggee? … God het sy kosbaarste besitting vir my en vir jou gegee. Sy seun.

‘n Paar jaar gelede was ek en my vrou in Londen. En wie kan Londen toe gaan sonder om Harrods, die beroemde afdelingswinkel, te besoek? Ons kon nie veel tyd daar deurbring nie, maar was verbaas om te sien wat ‘n mens alles daar kan koop.

‘n Diamanthalssnoer van 36 karaat vir ‘n halfmiljoen pond. ‘n Persiese tapyt vir tweehonderdduisend. Wat van hierdie bed vir vyf-en-sewentigduisend pond? Oooe en ek hou van hierdie eetgerei. Kyk, dit is slegs twee en sestig duisend pond. En daardie goudbedekte, diamant-ingelegde selfoon? ‘n Blote tien miljoen. Ag nee, kom ons kyk na iets heeltemal anders, hoe lyk dit met hierdie winskopie; ‘n pragtige porselein katjie vir tweeduisend pond?

Ek dink ek sal sommer twee van elk neem, dankie!

Ongelooflik die waarde wat mense op dinge sit. Die winkel was tjok-en-blok met mense wat geld uitgee asof dit aan bome groei. Nogal ‘n ervaring …

En terwyl ek in die middel daarvan staan, het ek gedink aan die wáárde wat God op jou en my plaas – die lewe van Jesus, sy Seun.

Romeine 3:23-25 Almal het gesondig, en is ver van God af, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe.

Kry jy ‘n idee van hoeveel jy vir God werd is? Jou waarde is absoluut onskatbaar.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.