... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Here, Ek Glo

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Tessalonisense 5: 1-3 Oor die tyd en omstandigheid wanneer hierdie dinge sal gebeur, is dit nie nodig om aan julle te skrywe nie, broers. Julle weet self maar alte goed dat die dag van die Here onverwags kom soos 'n dief in die nag. Wanneer die mense sê: “Alles is rustig en veilig,” sal die ondergang hulle skielik oorval soos geboortepyne 'n swanger vrou, en niemand sal ontkom nie.

Listen to the radio broadcast of

Here, Ek Glo


Download audio file

Ek weet nie van jou nie, maar ek is baie bly dat ek nie weet wanneer ek sal doodgaan nie. Ek wil net nie weet nie … maar of ek nou daaraan wil dink of nie, is dít presies wat eendag gaan gebeur.

Ek weet nie hoe dikwels jy aan die dood dink nie. Weet jy die statistieke bewys, dat uit elke honderd mense op die planeet Aarde, presies honderd sal sterf. Mense wat in Jesus glo, sal die Ewige Lewe ontvang, want ‘n opregte verhouding met Jesus, is die enigste weg na die Ewige Lewe. Soveel ander mense sal in ewige skeiding van God, in daardie plek wat ons die Hel noem, moet leef, omdat hulle nie in Hom geglo het nie … of miskien nog nooit sy uitnodiging ernstig opgeneem het nie.

1 Tessalonisense 5: 1-3 Oor die tyd en omstandigheid wanneer hierdie dinge sal gebeur, is dit nie nodig om aan julle te skrywe nie, broers. Julle weet self maar alte goed dat die dag van die Here onverwags kom soos ‘n dief in die nag. Wanneer die mense sê: “Alles is rustig en veilig,” sal die ondergang hulle skielik oorval soos geboortepyne ‘n swanger vrou, en niemand sal ontkom nie.

Het jy Jesus aangeneem? Glo jy dat Hy in jou plek aan die Kruis gesterf het om die prys vir jou rebellie te betaal, sodat jy skotvry daarvan kan afkom? Of het jy dit nog nooit regtig reggekry nie?

Vandag is ‘n goeie dag om te sê: “Here, ek glo. Here, ek vertrou op Christus en wat Hy aan die Kruis gedoen het. Ek aanvaar U gawe van Ewige Lewe.” Vandag is ‘n perfekte dag vir die begin van jou ewigheid by Hom, want môre is dit miskien te laat.

Here, ek glo.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.