... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Ellendigste Oortreder

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 2:2  Hy is die versoening vir ons sondes: en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

Listen to the radio broadcast of

Die Ellendigste Oortreder


Download audio file

Hier’s vir jou ‘n hipotetiese vraag. Wat gebeur as ‘n moordenaar, wat op teregstelling wag, op die nippertjie besef dat hy gesondig het, en na Jesus uitroep. Onthou nou, hy is ‘n moordenaar. Die vraag is: gaan hy hemel toe, of nie?

As dit jóú besluit was, watter standaard sou jy stel vir toegang tot die hemel? Absolute volmaaktheid, ‘n uitstaande lewe, of ‘n goeie lewe? Of is ‘n bevredigende een ook oukei? Hoe hoog sal jy die dwarslat stel?

Ek dink die meeste van ons sal ongeveer 6 of 7 uit 10 aanvaar – dit is vir iemand wat basies ‘n goeie lewe gelei het. Ja, hulle is in! Maar wat van die regtig onbeskofte, verwerplike, selfsugtige mense en misdadigers? Absoluut nie!!

Dit sal jou miskien verbaas om te weet dat God se standaard heeltemal anders is. Omdat sy standaard vir ‘n Ewige Lewe saam met Hom in die hemel, absolute volmaaktheid is.Maar hoe nou, Berni? Niemand is tog perfek nie! Daarom het Hy sy Seun, Jesus, gestuur om te betaal vir ons onvolmaaktheid, ons “sonde,” soos Hy dit noem.

1 Johannes 2:2 Hy is die versoening vir ons sondes: en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

Op die dag, wanneer ek en jy voor Hom sal staan, sal die standaard volmaaktheid wees. En Hy sal ons net een vraag vra: Het jy ‘n lewende verhouding met my Seun gehad?

En dit geld vir, van die ordentlikste mense, tot die ergste van alle misdadigers. Die ou lofsang “Aan God die al die eer” stel dit so:

Die wonder, dat God tot Sy diens ons bevry,
Sy Gees ons in liefde kom lei …
Die grootste oortreder
Wat waarlik glo
Word dadelik deur Jesus
Vergifnis beloof…

Daar het jy dit! Dit gaan nie oor goeie werke nie. Vertrou jy dat Jesus se offer aan die kruis vir jou sonde betaal het?

Onthou: Die grootste oortreder wat waarlik glo, ontvang vergifnis.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.