... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geniet die Eenvoudige Dingetjies

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 14:33 God is tog nie 'n God van wanorde nie, maar van orde en vrede.

Listen to the radio broadcast of

Geniet die Eenvoudige Dingetjies


Download audio file

Ons dink soms dat God net in die geestelike aspek van ons lewens belangstel. Maar dit is nie waar nie. Hy is ook geïnteresseerd in die fisiese, intellektuele en emosionele kante, en dit is waaroor ons vandag gaan gesels.

Party dae is net so besig, dat jy wil mal word; dis die een ding na die ander. Maar dit gebeur seker van tyd tot tyd met die meeste van ons. Die laaste paar maande was vir my ‘n dolle gejaag. Ek het gevoel asof ek ‘n miljoen kilometer per uur hardloop. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek glo in harde werk! Wat ek sê, is dat ons ‘n kans moet maak om ‘n bietjie stil te word om na die wonderlike wêreld wat God vir ons geskep het, te kyk.  Ek glo dat Hy wil hê dat ons dit moet geniet.

Ek is soms so besig met voorbereiding vir radio- en televisieprogramme; met die administratiewe werk en e-posse wat instroom, dat ek oorweldig voel.

As ek op dié stadium kom, stop ek! Ja, ek stop, al voel ek daar is nie tyd nie. Ek neem my hond vir ‘n wandeling of gaan drink ‘n koppie koffie iewers. Ander kere maak ek ‘n koppie tee en gaan sit sommer by my hond.

God het hierdie eenvoudige, pragtige dinge vir ons gemaak om te geniet. Wanneer ons tyd neem om dit te geniet, vul Hy ons met die vreugde en die vrede, wat ons nodig het om op te staan ​​en aan te gaan.

Dis reg, fokus en werk hard, maar moenie aanhou werk, totdat jy so deurmekaar is, dat jou gedagtes en emosies verstrengel raak, en jy nie meer effektief is nie.

1 Korintiërs 14:33 God is tog nie ‘n God van wanorde nie, maar van orde en vrede.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.