... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Patetiese Diens

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Galasiërs 5:13,14 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” 

Listen to the radio broadcast of

Patetiese Diens


Download audio file

Mense raak al hoe meer ongeduldig. Het jy al agtergekom? Dit lyk asof daar, as gevolg van die vreeslike druk waaronder ons leef, toenemende wrywing in verhoudings is. Sou dit nie wonderlik wees, as ons die druk net ‘n kerf of twee laer kon stel nie?

Het jy al ooit by ‘n restaurant, waar die diens pateties was, gaan eet?

Stel jouself dié situasie voor: Dit is ‘n spesiale okkasie, jy is by ‘n goeie restaurant en moenie dink dis goedkoop nie! Die kos is goed, maar die diens? Die kelners is onvriendelik, hulle maak nie oogkontak nie; hulle druk mekaar ongeduldig uit die pad uit. Die soutpot is leeg, maar jy kan niemand se aandag trek nie. Jy het dus ‘n keuse: jy gaan sonder sout, of jy laat jou kos koud word terwyl jy wag.

Aaklig is dit nie? Maar ek wonder of dit nie ‘n teken van die tye is nie. Ons is deesdae so besig, dat ons nie tyd het om oogkontak te maak nie. En dan wonder ons waarom verhoudings so moeilik word. Dink net, as iemand vir jou of vir my moet wag om die soutpot vol te maak, sal hulle miskien ook nie so vriendelik voel oor húlle koue kos nie.

Galasiërs 5:13,14  Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

Ons het pas Paasfees gevier en dit gaan oor die vryheid wat ons in Jesus Christus het as ons sonde vergewe word. Maar wat beteken dit vir ons? Ons moet mekaar in liefde dien, en nie ons nuutgevonde vryheid gebruik om onsself te behaag nie.

Dis so eenvoudig; ons maak ‘n verskil as ons ander dien.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.