... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Rooi Wyn

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 11:23-26 ...Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem en, nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam; dit is vir júlle. Gebruik dit tot my gedagtenis.”

Listen to the radio broadcast of

Die Rooi Wyn


Download audio file

Goeie Vrydag. Die dag wat ons herdenk dat Jesus aan die Kruis gesterf het. Die dag wat sy bloed vergiet is, sodat die prys wat God se geregtigheid vir ons sonde, myne en joune, eis, ten volle 

Die idee van ‘n bloedoffer, lyk vir ons hier in die 21ste eeu nC. grusaam. Dit is kultureel skokkend. Maar in antieke tye was dit in alle godsdienste, ‘n algemene praktyk, selfs in Judaïsme.

Bloed, in die Skrif, is die simbool van lewe. En wyn is dikwels gebruik om bloed te simboliseer. Dit is ook as koninklik beskou en dit het ook vryheid gesimboliseer. Daarom word vier bekers wyn, vandag nog, tydens die Paasmaaltyd deur die Jode gedrink.

En op hierdie Goeie Vrydag, terwyl ons die vergieting van Jesus se bloed onthou, lees ons weer Sy woorde, tydens Sy laaste Pasga-maaltyd:

1 Korintiërs 11:23-26.Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem en, nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam; dit is vir julle. Gebruik dit tot my gedagtenis.” Net so ook het Hy ná die maaltyd die beker geneem en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, wat deur my bloed beseël is. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.” Elke keer as julle van hierdie brood eet en uit die beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.

Dis Goeie Vrydag. Voorwaar ‘n baie goeie Vrydag.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.