... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Bevryding van vrees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 34:4 Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare.

Listen to the radio broadcast of

Bevryding van vrees


Download audio file

Kan ek jou vandag vra, wanneer laas was jy bang vir iets of iemand, of vir ‘n situasie wat dreig om jou te oorweldig? Onthou jy dit nog? En hoe het jy daardie vrees hanteer? Kon jy dit oorkom?

Ons wil nie eintlik daaroor praat nie, maar vrees tref ons meer gereeld as wat ons dit wil erken. Party mense leef in ‘n konstante toestand van vrees en spanning oor wat moontlik kan gebeur.

Dink nou mooi wat jy doen as vrees jou oorval? Kom ons sê jy is bang jy gaan jou werk verloor of jy sit in die dokter se wagkamer en wag vir toetsuitslae of jy is bang om ‘n moeilike situasie te hanteer. Dit is hierdie gevoel van naderende onheil wat jou tref. Die vraag is: Wat doen jy?

Soms doen ons dom dinge. Ons ontplof, ons gedra ons sleg, of ander kere onttrek ons. Maar kom ons wees eerlik, alhoewel dit dikwels ons natuurlike reaksie is; werk dit nie regtig nie, of hoe?

Koning Dawid het meer as sy kwota moeilikheid gehad. Soveel mense het hom probeer doodmaak – van sy voorganger Saul, tot die vyande van Israel, en selfs sy eie seun. Maar hy sê in:

Psalm 34:5 Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare. (‘83 vertaling)

Die beste ding wat ons kan doen as ons bang is, is om na God te roep, na Hom te draai, te bid, en jou hart uit te stort.

Wanneer jy dit doen, sal die Here, ons God, jou verlos en van alle vrees bevry.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.