... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Beskerming in Nood

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 34:7,8 Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom dié wat die Here dien, en red hulle. Kom ondervind en sien self dat die Here goed is!

Listen to the radio broadcast of

Beskerming in Nood


Download audio file

Iets wat my vreeslik irriteer, is wanneer ‘n sogenaamde Christen vir my ‘n klein versie uitspoeg wanneer ek deur ‘n moeilike tyd gaan – asof dit alles gaan regmaak. Dit krap my om!

Jy hoor gereeld Skrifgedeeltes wat buite konteks aangehaal word. Soos hierdie een: Kom ondervind en sien self dat die Here goed is!’ Skynheilige mense gebruik dit baie. Dit is goed en wel, totdat jy in ‘n benarde situasie verkeer; waar jy heeltemal blootgestel voel; heeltemal alleen op die aarde. . .

En op daardie stadium is ‘n klein, klein teksgedeelte soos hierdie vir jou heeltemal nutteloos … totdat jy besef dat dit tog, baie meer sê.  Wil jy hoor?

Psalm 34:7,8 Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom dié wat die Here dien, en red hulle. Kom ondervind en sien self dat die Here goed is!’ (83 vertaling)

Beslis die oplossing! Want wanneer jy op daardie gevaarlike, kwesbare plek is; as jy heeltemal blootgestel voel, heeltemal alleen – het die Engele van die Here alreeds ‘n laer om jou getrek, om jou te beskerm en om jou veilig te hou.

En dit is op daardie plek, waar alles verkeerd gaan, waar  jy aangeval word; beleër voel deur al die duiwel se sette … glo my, dit is op daardie angswekkende plek, waar jy regtig God kan ervaar. Dit is wanneer jy ontdek dat, as jy jou toevlug tot Hom neem, Hy goed is.

Dit is een van die beloftes van God waarop jy, in die donkerste tye kan staatmaak. . .  en wanneer jy dit doen, sal Hy jou nie in die steek laat nie.

Die Engel van die Here bou ‘n muur rondom sy volgelinge, en Hy beskerm hulle. Beproef dit en ervaar dat die Here goed is; gelukkig is dié wat by Hom skuil.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.