... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die vrees van die Here

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 34:11-14 Kom, kinders, luister na my; Ek wil julle die vrees van die Here leer. As iemand die lewe liefhet en 'n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens. Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na!

Listen to the radio broadcast of

Die vrees van die Here


Download audio file

As jy iemand hoor praat oor die vrees van die Here, watter beeld roep dit op? ‘n Positiewe een, of ‘n negatiewe een? “Die vrees vir die Here”. H’m.

Kom ons wees eerlik. Die meeste van ons is redelik hardkoppig en ons wil nie vertel word wat om te doen, en hoe om ons lewe te leef nie.

Die eerste vier dekades van my lewe het ek dit op my manier gedoen en dit was ‘n ongelooflike ramp. Ek het gestoei om die hoogste sport te bereik, soos van my verwag was, maar dit het my in situasies laat beland waarin ek nie wou wees nie.

Daar het iets ontbreek.

Wanneer ek vandag terugkyk,  weet ek wat dit was: die vrees van die Here. Klink vreemd nè?

Ek het ‘n paar jaar gelede ‘n e-pos van ‘n terroris in Afrika ontvang. Hy het vir dertien jaar mense doodgemaak. Hy het toevallig ‘n radioboodskap van my oor die vrees van die Here gehoor. En net daar het hy besluit om sy geweer neer te lê. Dit is wat hy geskryf het:

Ek het besef dat daar sonder die vrees van die Here geen vrede kan wees nie … hoegenaamd geen vrede nie

Wie sou dit kon voorspel?

Psalm 34:11-14 Kom, kinders, luister na my; Ek wil julle die vrees van die  Here leer. As iemand die lewe liefhet en ‘n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens. Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na! (83 vertaling)

Wat ‘n kragtige vers. En dit hang alles af van “die vrees van die Here”. Om God eerste te stel. Om Hom te respekteer.

Kom, kinders, luister na my; Ek sal julle leer hoe om die Here te vrees, of met ander woorde te dien.  Bly weg van die kwaad en doen wat goed is – soek vrede en jaag dit na.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.