... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Uitroep om hulp

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 34:17,18 As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.

Listen to the radio broadcast of

‘n Uitroep om hulp


Download audio file

Die lewe is wonderlik. Die lewe is fantasties. Tot die lewe sy rug op jou keer. Totdat dinge baie sleg gaan. En op daardie stadium wonder ons of God regtig omgee? Het hy regtig gesien wat met my gebeur?

Het jy al ooit gevoel asof die Gees, die lewensasem wat God in jou binneste geplaas het, heeltemal uitgeblus is? Het jy al gevoel dat jou hart so verpletterd en uitmekaar geskeur is, dat dit nooit sal genees nie?

As jy sulke woorde hoor, onthou jy die verskriklike pyn wat jy al ervaar het? Dit laat jou besef hoe kwesbaar ons ​​is. Ons is, ondanks al ons gawes en vermoëns, en selfs ons prestasies, weerloos teen pyn.

Ek onthou ‘n tyd in my lewe waarin ek nie eens die krag gehad het om my kop op te lig en om hulp te roep nie. Miskien was jy al daar? Miskien … is jy nou selfs daar? Nou maar gaaf:  ek het vandag goeie nuus vir jou. Sommer baie goeie nuus:

Psalm 34:17,18  As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede.  Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. (‘83 vertaling)

Die natuurlike reaksie op lyding, is dat ons onsself isoleer. Ons emosies is nogal ‘n tipe beskermingsmeganisme. Ons voel asof ons heeltemal alleen is, selfs al word ons deur ‘n paar goeie, simpatieke mense omring.

Maar op daardie plek het die Gees van God die krag en die teerheid om ons harte aan te raak, ons harte te genees en ons siel te kalmeer op ‘n manier wat niemand anders dit kan doen nie.

Onthou, die Here is naby aan hulle wat gebroke is.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.