... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die teëspoed van die Regverdige

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 34:19 Many are the afflictions of the righteous, but the Lord rescues them from them all. (NRSV)

Listen to the radio broadcast of

Die teëspoed van die Regverdige


Download audio file

Jy weet wat hulle sê: die lewe is nie veronderstel om maklik te wees nie. Gmf, maar diep in ons harte glo ons dat dit nie op ons van toepassing is nie. Op my? Ag nee – ek is lief vir Jesus. Hy is lief vir my. Hy gaan my lewe sekerlik maklik maak. Nee! Beslis nie!

Soms voel dit vir ‘n mens asof, hoe meer jy die regte ding probeer  doen, hoe meer teëstand kry jy. Ek onthou dae waar ek vroeg soggens tyd met God deurgebring het. Op so ‘n dag het ek my lewe opnuut aan Hom oorgegee. Ek het ‘n huppel in my stap gehad en vreugde in my hart. Ek het gevoel asof ek die regte ding gedoen het.  Nie net omdat dit die regte ding was om te doen nie, maar ook omdat ek dit wou doen.

Maar sodra ek by die deur uitgestap het, het dit gevoel of die poorte van die hel oopgeswaai het en al die magte van die vyand teen my ontketen is. Asof alles in my omgewing teen my was.

Maar Here…! Dit is nie hoe dit veronderstel is om te gaan nie! Ek het dan so ‘n intense gebedstyd met U gehad !!

Aikôna,  jy sien, dit is dikwels hoe dit gaan. Dink jy dat die Duiwel gaan stilsit, as hy  sien dat een van God se kinders met die vreugde van die Here gevul is? So nimmer as nooit!!

Wat is die antwoord dus? Raak ons moedeloos? Sê ons vir onsself: ‘Nou-ja, die tyd wat ek vanoggend met God deurgebring het, was ‘n totale tydververmorsing?’

Ek hoop nie so nie, want God se Woord is vol beloftes vir ons, vir tye wanneer die hel se magte teen ons losgelaat word.

Psalm 34:19  al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal. (83 vertaling)

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.