... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Brandstofmeter

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas16:13 “Geen huisbediende kan vir twee base tegelyk werk nie, want hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.”

Hoe graag wil jy ryk wees? Dink mooi –  op ‘n skaal van nul tot tien? Hmmm. Ons praat van skat, skatryk wees. Dink weer, ook op ‘n skaal van nul tot tien, hoe gelukkig reken jy sal jy wees, as jy al die rykdom het?   ‘n Vriend van my het onlangs ‘n e-pos met ‘n foto van die motor se brandstofmeter aan my gestuur. In plaas daarvan om  ‘leeg’ aan die een kant te lees en ‘vol’ aan die ander kant, het dit R0 aan die een kant gelees en ‘R800 ‘aan die vol-kant gelees. Die onderskrif het gesê: ‘Dit maak meer sin as die leeg en vol.’   Ek hou daarvan. En met die prys van brandstof deesdae, waarom nie? Maar dit het my laat nadink. Dit wil voorkom asof soveel mense se tenks vandag byna leeg is, en die probleem is dikwels geld. Wil jy meer daarvan hê? Dieper in die skuld raak? Wil jy langer en harder werk om jou geldhonger te voer? Geld sal nie geluk en vervulling bring nie.   Soos elke dwelmmiddel, kan ons begeerte na geld ons hele lewe in beslag neem en ons vernietig. Jesus het dit só gestel in:   Lukas 16:13 “Geen huisbediende kan vir twee base tegelyk werk nie, want hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.”   En dit is die kern. Ons begeerte na geld skei ons uiteindelik van ons begeerte om God te dien. Die een trek ons ​​in hierdie rigting, die ander in daardie rigting, totdat een moet bes gee.   Maar ‘n interessante ding gebeur as ons van die geld mallemeule afklim. Ons begin skielik die lewe geniet – en geld, hmf, geld gaan terug na waar dit hoort. Geld is weer jou dienaar en nie jou meester nie.   Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge