... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Lewe is ‘n Parade

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 51:12-14 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien.

Listen to the radio broadcast of

Die Lewe is ‘n Parade


Download audio file

Dis sekerlik die moeilikste ding op aarde om te erken dat ons verkeerd is. Jy ken die storie. Jy hou aan om iets verkeerds te doen, al weet jy voor jou siel dis verkeerd, maar hoe verder jy op hierdie verkeerde pad stap, hoe moeiliker is dit om dit om te draai. Was jy al ooit ‘n toeskouer by ‘n groot parade? Die soldate stap almal in dieselfde rigting en in gelid met mekaar – links, regs, links, regs – anders sou dit net ‘n deurmekaarspul wees. As ‘n jong offisier van die weermag, was ons in baie parades. En om seker te maak dat ons almal in pas marsjeer, het ons ‘n orkes gehad. En elke orkes moes natuurlik ‘n tromspeler hê! Doef, doef, doef – 116 slae per minuut. Doef. Ons marsjeer op die ritme van die trom. Hoe lyk jou lewe? Hoe affekteer die wêreld se parade jou? Watter trom se ritme volg jy deur hierdie groot optog wat ons ‘die lewe’ noem? So baie mense is nie eens bewus daarvan dat hulle êrens op die tromslag van die een of ander tamboermajoor marsjeer nie, en tog het hulle hierdie knaende gevoel dat iets nie heeltemal reg is nie. Dit werk nie regtig nie. Dit is nie vervullend nie. Doef, doef, doef… hulle hou net aan marsjeer en uiteindelik ontdek hulle dat hulle in die verkeerde rigting op pad was. As daar ‘n deel van jou lewe is, waar jy weet dat jy in die verkeerde rigting op pad is; dan is dit vandag die dag om dit om te keer. Dit is hoe koning Dawid sy lewe verander het nadat hy moord en owerspel gepleeg het. Hy gebid in Psalm 51:12-14 Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien. Maak ‘n regsomkeer. Vandag nog. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge