... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Doggy in die kat-herberg

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Deuteronomium 31:7,8 Toe het Moses vir Josua geroep en vir hom gesê waar die hele Israel dit kon hoor: “Wees sterk, wees dapper! Jy gaan saam met hierdie volk in die land in wat die Here met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. Jy moet hulle dit in besit laat neem. Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”

Listen to the radio broadcast of

Doggy in die kat-herberg


Download audio file

Daar is tye dat ons in ‘n situasie beland, wat ons eenvoudig nooit vir onsself sou kies nie. Jy ken mos die gevoel –  daardie gevoel dat God ons verlaat het. Miskien het jy my al hoor praat van my kat, wat ek destyds gehad het? Haar naam was “Doggy.”

Ja, ek weet – dis nou regtig  ‘n buitengewone naam vir ‘n kat! Af en toe, moes ons noodgedwonge vir Doggy in die kat-herberg laat oorbly. Maar net wanneer ons haar by die voordeur uitdra, het sy styfgeskop. Ek neem aan sy moes dink, dat ons haar na ‘n vreemde plek neem en haar haar daar gaan los.

Doggy was deel van ons gesin en ons sou nooit kon droom om haar daar te los nie, maar sy kon dit nie verstaan nie. Dit lyk asof sy vra: ‘Gooi hulle my weg? Sal ek my mense en my huis ooit weer sien?’ Soms is dit presies hoe ons in ons verhouding met God voel. Hy neem ons uit ons gemaksone, omdat Hy besig is om iets te doen, wat ons nie kan begryp nie. Iets wat uiteindelik tot ons voordeel is, maar op daardie stadium duister lyk.

As ons maar net kon verstaan, dat Hy ons nooit leed wil aandoen nie en ons nooit alleen sal laat nie. Ons is immers deel van sy familie, nie waar nie?

Deuteronomium 31:7,8 Toe het Moses vir Josua geroep en vir hom gesê waar die hele Israel dit kon hoor: “Wees sterk, wees dapper! Jy gaan saam met hierdie volk in die land in wat die Here met ‘n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. Jy moet hulle dit in besit laat neem. Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge