... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Neusie Verby

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Listen to the radio broadcast of

Neusie Verby


Download audio file

Soms is dinge te goed om waar te wees. En die spesifieke verhaal wat ek met jou gaan deel, pas beslis in daardie kategorie.

Ian Johnson, ‘n jong Australiese man, se verloofde het in die Verenigde Koninkryk gewoon. Op ‘n dag besluit hy, hy is keelvol, en hy spring op ‘n vliegtuig en vlieg die hele pad Engeland toe om met haar te trou.

Intussen was sy ook moeg gewag. Ja, goed, ek kan sien jy het geraai – sy besluit om op ‘n vliegtuig te spring om na Australië te vlieg. Hulle het terselfdertyd deur die Changi-lughawe in Singapoer geloop en mekaar met net ‘n paar minute in die lughawe se sitkamer misgeloop. Dis ‘n ware verhaal.

Ja-nee, die toeval is soms dik vir ‘n daalder en daarom is dit moeilik om dit te aanvaar.

So baie mense dink hulle gaan hemel toe. Die algemene persepsie is: ek is nie so sleg nie. As daar ‘n hemel is, dan sal ek tog oukei wees om in te gaan. Kom ons kyk u na die feite.

Johannes 14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Ek wil graag padlangs praat.  Die idee dat ek goed genoeg is, of nouja, dat ek so half-en-half  in Jesus glo en dat ek daarom hemel toe gaan – is ‘n absolute misverstand. Die feit is, dat die enigste weg na die Vader deur ‘n ernstige, opregte geloof is, in dít wat Jesus aan die kruis gedoen het. Hy het die prys vir jou en my  sonde betaal. Dit is immers wat ons oor ‘n paar dae tydens die Paasfees gaan vier.

Vra jouself af: Het jy ‘n lewenslange verhouding met Jesus gesluit? Of sal jy Hom “met ‘n haarbreedte” mis?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.