... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ondenkbaar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 13:41- 43 Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son. “Wie ore het, moet luister.”

Listen to the radio broadcast of

Ondenkbaar


Download audio file

Hulle sê, jy moet nooit sê: Dít is onmoontlik nie, of dit sal gebeur as die perde eendag horings kry, nie! Want, dít wat vandag ondenkbaar is, word môre ‘n opspraakwekkende werklikheid. ‘n Eeu gelede was lugverkeer oor lang afstande heeltemal ondenkbaar.

Deesdae vlieg jy en ‘n paar honderd ander mense oor geweldige lang afstande: Perth na Londen, Singapoer na New York, Johannesburg na Atlanta en dit binne minder as 19 uur; reise wat vroeër, jare in ‘n seilboot geneem het. ‘n Halfeeu gelede was die wonder van hartoorplantings  ondenkbaar. Vandag is daar tienduisende mense wat verskillende organe ontvang en normale lewens lei.

Die ontsettende impak van die internet was net twintig jaar gelede, nie ‘n moontlikheid nie. Dit is vandag ‘n onontbeerlike instrument van kommunikasie, navorsing en besigheid vir biljoene mense. En weet jy, daar is selfs vandag baie mense vir wie die idee van hemel en hel ondenkbaar is. En tog gebeur “die ondenkbare” die hele tyd.

Jesus het dit so gestel in: Matteus 13:41,42 Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son. “Wie ore het, moet luister.” God het tweeduisend jaar gelede aan ‘n kruis op Golgota, in die bloed van sy Seun, ‘n uitnodiging na die hemel geskryf.

Dit gaan so: Ek kom terug. En my kruisiging was vir jóú. Waarom kom jy nie na  My toe nie? Waarom plaas jy nie jou vertroue in My nie? Ek wil jou vir ewig by My hê.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge