... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Opsomming

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 103:1-4 Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof. Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon,

Listen to the radio broadcast of

Opsomming


Download audio file

Niemand wat Jesus lankal volg, se lewe is probleemvry nie. Ons het almal al ontdek dat dit soms ‘moeilik gaan’ en onsself  afgevra of die kool die sous werd is.  Wel, is dit?

Die Bybel is ’n baie dik boek. Dit bestaan uit 66 boeke wat oor ongeveer 1500 jaar, deur verskillende mense geskryf is. Daar is 1,189 hoofstukke,  31,173 verse en ongeveer 807,361 woorde. Inderdaad ‘n dik boek!

Is daar nie ‘n korter weergawe vir besige mense beskikbaar nie? Is daar nie ‘n opsomming wat vir ons vertel watter voordele dit inhou om die boek te lees nie?

Nou-ja, eintlik is daar. In slegs ‘n paar kort verse in die middel, is daar ‘n uitstekende opsomming van die inhoud. Kyk hier wat sê Dawid in:

Psalm 103:1-4  Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof. Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon,

Dit som die inhoud baie mooi op. Kyk, laat ons nie doekies omdraai nie, dis nie ‘n maklike ding om Jesus te volg nie. Hy roep ons om stroom-op te swem, en dikwels in die teenoorgestelde rigting as die trop te gaan. Dit ís harde werk.

Is dit die moeite werd? Wil jy ‘n eerlike antwoord hê? Dit is beslis! Dit is waarom koning Dawid se woorde so vol lof is.

. Hy vergewe al jou sondes, en genees al jou siektes. Hy red jou van die graf, bekroon jou met liefde en ontferming.

Dit klink na soveel voordele –  glad nie sleg nie. Glad nie sleg nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.