Die Goedheid van God
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.
Psalm 146:1,7,8 Prys die Here! Ek wil die Here prys. Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan dié wat honger ly. Die Here bevry die gevangenes, die Here laat blindes sien, Hy ondersteun dié wat bedruk is. Die Here het die regverdiges lief.
Wanneer daar iets wat sleg is met ons gebeur, kan ons vra: “Waarom het God toegelaat dat dit met my gebeur?” Ons het almal al daaroor gewonder. En tog is daar iets besonders wat ek glo God vandag, in ons tye van teenspoed, wil aanspreek.
Dit is nie maklik om in God se goedheid te glo wanneer dinge skeefloop, jy moedeloos word en die mense jou elke dag afkraak nie.
Kyk net na al die lyding wat daar tans in die wêreld is. Kyk na die dinge wat hierdie God, as Hy regtig bestaan, toelaat. En Hy laat dit nie net met die mense daar buite gebeur nie, maar ook met jou.
Kom ons kyk na wat alles tydens die afgelope sewe dae met jou gebeur het, die dinge wat jy aangevang het – die goeie, die slegte en die lelike. Ek is seker dat daar net in hierdie kort tydjie dinge met jou gebeur het, wat jou maklik die goedheid van God kon laat bevraagteken.
God gryp in op maniere waarop ons nie voorbereid is nie, en kom ons te hulp in ons nood, wanneer ons dit die minste verwag.
Psalm 146:1,7,8 lees: Prys die Here! Ek wil die Here prys.
Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan dié wat honger ly. Die Here bevry die gevangenes, die Here laat blindes sien, Hy ondersteun dié wat bedruk is. Die Here het die regverdiges lief.
Die psalm gaan oor lofprysing en dank te midde van moeilike tye. Ons het almal ons deel aan moeilike tye in hierdie lewe.
Wat doen ék? Ek het besluit om Hom te begin prys en Hom te dank, te midde van daardie tye. En weet jy? Hy het my nog nooit gefaal nie.
Die Here help dié wat in moeilikheid verkeer.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.