... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die fopspeen

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 4:16 Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word. (’83-vertaling)

Listen to the radio broadcast of

Die fopspeen


Download audio file

Dit is ongelooflik hoe maklik is om dit wat voor-die-hand-liggend is, mis te kyk. Soms kan die oplossing vir ons dilemma, onder ons neuse sit – ons sien dit net nie raak nie. As jy seer het, as die pyn binne-in jou so erg is, dat jy wil skree, kyk jy moontlik die oplossing wat reg voor jou is, net mis.

Ek was die ander dag op ‘n vliegtuig, en net toe ons begin daal om te gaan land… het dit gebeur. Dit gebeur altyd! Al die babas het begin skree. Het jy dit al ooit opgelet? Ek voel so jammer vir hulle. Die druk verander, hulle ore word seer en dan begin hulle skree. Daar is natuurlik ‘n eenvoudige oplossing. As babas ‘n fopspeen suig, sou dit die lugdruk agter hul trommelvlies dieselfde hou as dié in die kajuit en die pyn sal verdwyn. Maar hoe meer jy probeer help, hoe meer skree hulle, omdat hulle dit nie verstaan ​​nie. Al wat hulle weet is, dis seer!

As die druk verander, is dit seer. Dit is nie slegs van toepassing op lugdruk nie, maar op die druk van die lewe. Die druk is oral om ons: werk, gesin, geld, gesondheid, verhoudings, kyk maar – as die druk verander, is dit seer. As die druk van die lewe van alle kante kom, is dit seer! En as dit seermaak, skree ons. Soms aan die binnekant … soms aan die buitekant.

Nou-ja, daar is ‘n eenvoudige oplossing. Jesus. As Hy in jou hart fluister, as Hy aan jou wond raak, ervaar jy sy aanraking, want  Hy weet hoe om die pyn te verlig. Maar dis ironies dat hoe meer Hy probeer help, hoe meer skree ons.

Hebreërs 4:16 Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word. (’83-vertaling)

Jesus verstaan dit. Hy wil help. Laat Hom toe.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.