... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe Ongelooflik is Genade!?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 12:9 Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.

Listen to the radio broadcast of

Hoe Ongelooflik is Genade!?


Download audio file

Teologie is wonderlik. As ‘n prediker, behoort ek dit seker te sê? Maar jy en ek, weet diep in ons binneste, geen teologiese antwoorde gee ons dit waarna ons soek nie. Want ons smag na liefde en aanvaarding, of hoe?

“Amazing grace, how sweet the sound that saved a wretch like me. I once was lost, but now I’m found. Was blind but now I see.” Ons ken dit seker almal in Engels.

Dis sulke pragtige woorde, maar op die keper beskou, wat is so wonderlik aan genade?

Teoloë het baie antwoorde op dié vraag. Maar toe ek verlore was, toe ek blind was, toe ek op die skrootwerf van verlorenheid was, was dit nie teologiese antwoorde waarna ek gesoek het nie.

Ek kan onthou toe ek een nag deur die Markus Evangelie gelees het, het dit my vir die eerste keer getref waaroor genade werklik gaan. Dit gaan oor ‘n liefde wat so kragtig in die hart van God brand, dat Hy sy Seun sou laat sterf, om die straf wat ek verdien het, op Homself te neem, sodat ek vry kon gaan. Dit gaan oor hierdie Jesus, wie se liefde so sterk gebrand het, dat Hy die ellendiges opgesoek het, die verlorenes gevind het, die melaatses aangeraak het, die blindes genees het en ook mense soos ek en jy gaan gesoek het.

Daardie nag het God my tradisionele beeld van Jesus in ‘n loodglasvenster verbrysel. Daardie nag het ek ontdek dat hierdie wonderlike genade vir my was.

2 Korintiërs 12:9 Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.

Hoe deurmekaar jou lewe ook al is, weet net jy het onvoorwaardelike liefde en aanvaarding nodig; sy genade is al wat jy nodig het.

Ongelooflike. Genade.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.