... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Spanwerk is Wen-werk

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 4:1-3 Ek druk julle dit op die hart, ek wat 'n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe. (’83-vertaling).

Listen to the radio broadcast of

Spanwerk is Wen-werk


Download audio file

Dit is maklik om omgekrap en geïrriteerd  te raak deur die gebreke en beperkings van die mense om ons. “Hoekom kan hulle nie net met my plan saamstem en maak soos ek wil hê nie?” Ja- nee, al wat party mense doen, is om te kla oor die mense rondom hulle.

Het jy onlangs na jou voete gekyk? Hulle is nou nie jou mooiste liggaamsdeel nie, nè? En het jy al gedink hoe moeilik dit sou wees om sonder hulle oor die weg te kom?

Byna almal van ons is op een of ander manier deel van ‘n span; in ons huwelike, in ons gesinne, in ons werkplek of in ‘n sportspan. Hoe dit ook al sy, in hierdie lewe is ons deel van ‘n span. Dis hoe dit werk.

Ek het die enorme voorreg om deel te kan wees van ‘n span van meer as tagtig kreatiewe, passievolle mense wat ons bediening uitmaak. Elkeen van ons is ‘n noodsaaklike deel van die span wat saamwerk om ons doelwitte te bereik. Met die verskillende talente, kom natuurlik ook verskillende beperkings en probleme. Dis net hoe dinge is.

Deur die jare het ek iets belangriks geleer. Die verskillende sterkpunte van die mense om ons, is God se seën vir ons. Sonder hulle sou ons nie kon doen wat ons doen nie. Maar weet jy, die verskillende swakhede van die mense om ons, is ook God se seën vir ons. Sonder hulle sou ons nie leer hoe om op te offer nie.

Efesiërs 4:1-3 Ek druk julle dit op die hart, ek wat ‘n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe. (’83-vertaling).

Vrede kom altyd teen ‘n prys. Dit is hoe dit is.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.