... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Teistering van E-pos

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus12:29-31 Jesus antwoord hom: “Die eerste is: ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’ Die tweede is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is groter as dié twee nie.”

Listen to the radio broadcast of

Die Teistering van E-pos


Download audio file

Een van die groot paradokse van die lewe in die 21ste eeu is dat, hoe slimmer ons tegnologies word, hoe meer raak ons kommunikasie op ‘n betekenisvolle, menslike vlak verlore. En daar is ‘n baie goeie rede daarvoor.

As jy toegang tot e-pos het, geniet jy dit waarskynlik aan die een kant, maar pes dit terselfdertyd ook. Dit is tog so gerieflik – nie meer nodig om briewe te skryf en dit poskantoor toe te neem nie. Aan die ander kant wil dit jou tot raserny dryf.

Ek ontvang daagliks tussen drie- en vierhonderd e-posse. Nou ja, baie hiervan is rommelpos, en die tegnologie gooi dit deesdae, namens my, sommer in die e-asblik. Maar van die sowat honderd wat oorbly, is sommige van hulle nogal belangrik, en daar is altyd ‘n handjievol wat regtig belangrik is.

Nadat ek baie jare lank e-pos gebruik, het ek uiteindelik besef dat dit my lewe begin oorheers. Ek het ure spandeer om na ander mense se pype te dans. Net omdat hulle vir my ‘n e-pos gestuur het, het ek tyd daaraan bestee om dit te beantwoord – of dit nou belangrik was of nie.

Die lewe kan ook so wees. Ons kan die meeste van ons tyd gebruik om te reageer op agendas van ander mense. Ons mors ons tyd op onbenullighede, wat op die ou end die belangrike dinge verdring. Nou wat is die belangrike dinge dan?

Markus12:29-31 Jesus antwoord hom: “Die eerste is: ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’ Die tweede is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is groter as dié twee nie.”

Moenie toelaat dat ander mense se agendas jou van die belangrikste dinge in die lewe aflei nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.