... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jesus Christus

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 1:16,17 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. Die woord “Christus” beteken die een wat deur God aangestel is.

Listen to the radio broadcast of

Jesus Christus


Download audio file

Kan ek vandag vir jou vra, wat beteken “Jesus Christus” vir jou? Is Hy enigsins relevant tot jou daaglikse lewe? Of verteenwoordig Hy eintlik, net ‘n klomp onrealistiese reëls? Watter waarde hou Hy vir jou in? Voordat ek ‘n Christen geword het, het ek vir jare lank die woorde “Jesus Christus” slegs in woede of as ‘n vloekwoord gebruik. Ek het Christene gehaat en ek het gedink dat selfs die idee dat daar ‘n God is, belaglik was. Dit wys jou net hoe ver ek van God af was. En tog, toe die tyd ryp was, het Jesus na my toe gekom, sy hand op my skouer gesit en gefluister: “Ek het jou lief.” Die apostel Johannes verwys dikwels na Jesus as “die Woord”… met ander woorde, Jesus is God wat met ons praat in ‘n taal wat ons kan verstaan. En daardie taal is nie ‘n klomp reëls en wette nie, maar ‘n taal van liefde, ‘n taal van genade en waarheid.

Johannes 1:16,17 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. Die woord “Christus” beteken die een wat deur God aangestel is.

Die woord Jesus (of Yeshua soos dit in Hebreeus uitgespreek word) beteken God se verlossing of God se Verlosser. Dus beteken “Jesus Christus” God se aangestelde Verlosser. Die een wat God gestuur het om ons te red – maar waarvan? Van onsself. Van ons mislukkings. Van ons vrees. Van ‘n ewigheid sonder Hom. Ons kan hardloop. Ons kan wegkruip. Ons kan dit ontken. Ons kan spot. Maar vroeër of later hoor ons Hom almal wanneer ons dit die minste verwag, as Hy fluister: “Ek is lief vir jou.” Dit is ‘n afspraak wat God gemaak het. Hoe ons daarop reageer, is iets wat Hy aan ons oorlaat. Die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge