... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geen reëls nie?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 3:22-25 God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo.

Listen to the radio broadcast of

Geen reëls nie?


Download audio file

Ongelukkig sal baie mense, miskien selfs die meeste, dalk deur Paasfees baljaar sonder om twee keer na te dink aan die ware betekenis daarvan. Hoekom is dit so hartseer, so tragies? Omdat die besluit wat elkeen van ons oor Jesus neem, ‘n groot invloed sal hê op die manier waarop ons die ewigheid deurbring.

Die idee van reg en verkeerd is deesdae nie so gewild nie. Ek het onlangs ‘n bufferplakker gesien wat sê: “Daar is geen reëls nie” en dit is hoe mense wil leef.

Dink net vir ‘n oomblik hoe ‘n samelewing sonder reëls en die gevolge van oortreding daarvan, sou lyk. Jy hoef nie baie ver te soek om te sien hoe minagtend mense kan wees as hulle dink dat daar geen gevolge is nie.

Dit is maklik om na God te kyk en te dink “Hy’s net ‘n ou man, met ‘n groot stok en ‘n klomp ou reëls waarvolgens niemand van ons kan leef nie.” Maar God het hierdie fantastiese wêreld geskep. Hy het die lewe in ons geblaas. Hy het ons ‘n vrye wil gegee, die keuse om Hom te kies of Hom te verwerp. Dis liefde. Dit is God.

Maar op die ou end ís daar gevolge. Geregtigheid gaan hand aan hand met liefde. So ook met vergifnis. Daarom het Hy sy Seun Jesus gestuur om die prys te betaal vir al ons oortredings. En wie in Hom glo, sal die Ewige Lewe ontvang. Kyk wat staan in  

Romeine 3:22-25 God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo.

Op ‘n dag sal ons almal voor Hom staan ​​en op dié dag sal die keuse wat ons vandag maak, gevolge hê.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.