... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vrede

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 5:1 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.

Listen to the radio broadcast of

Vrede


Download audio file

Ja, ek weet dat konflik ‘n lewensfeit is. Dit is. Tensy jy soos ‘n kluisenaar leef, kan jy amper nie deur ‘n enkele dag gaan, sonder om konflik te ervaar nie. Maar dink net hoe anders dit sou wees, as daar vrede kon wees. Regte vrede.

Op die oomblik is daar wêreldwyd tussen veertig en vyftig oorloë, of vorms van ‘gewapende konflik’ aan die gang. Dit is verbysterend!

Maar selfs op ‘n onbeduidende skaal, het mense in hul persoonlike lewens sóveel konflik … miskien is dit die rede waarom daar so ‘n diep honger na vrede is. En tog, vir baie, bly die vrede hulle ontwyk. Baie mense kan nie eers in hul eie huise vrede vind nie. Daar is konflik, twis, mishandeling, egskeiding, noem maar op.

Of ons dit nou wil weet of nie, Jesus was en is die Vredevors.Wees lief vir jou vyand. Vrede laat ek by jou, my vrede wat ek aan jou gee.

Jesus was, en is nog steeds, radikaal. Hy weet dat vrede alleenlik moontlik is – tussen nasies, tussen mense – wanneer die een kant ophou skiet; wanneer hulle hul wapens neerlê en weier om te veg; wanneer iemand vir vrede staan en wanneer iemand, ten spyte van die situasie, sy vyand liefhet.

Dit sal altyd ‘n gewaagde strategie wees. En wat sal gebeur as die vyand, noudat jy jou wapens neergelê het, aanhou veg? Maar, weet jy, dit was die risiko wat God bereid was om te neem:

Romeine 5:1 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.

Hierdie Paasfees wat ons vier, gaan oor God wat sy wapens neergelê het. Dit gaan oor God wat vrede maak. Dit gaan daaroor dat God sy Seun, Jesus, die prys van geregtigheid laat betaal het, vir ons opstandigheid, sodat daar vrede kan wees. Vrede tussen God en jou. Jesus!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.