... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Verregaande Geregtigheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 5:15 maar met die genadegawe is dit anders as met die oortreding. Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk.

Listen to the radio broadcast of

Verregaande Geregtigheid


Download audio file

Hier is ons op Goeie Vrydag. Maar, dink nou mooi, wat ons op hiérdie dag herdenk, is die dood, deur ‘n gruwelike kruisiging, van Jesus, die Seun van God. En dan noem ons dit ‘Goeie Vrydag’?

Margaret Hassan was ‘n paar jaar gelede die hoof van die internasionale humanitêre organisasie, CARE, in Irak. Sy het haar hele lewe gewy aan die welstand van die Irakese volk. Toe sy in Oktober 2004 gyselaar geneem en vermoor is, het iets binne-in my gebeur – die gewaarwording was êrens tussen verontwaardiging en wanhoop.

Wat ons ook al van Irak mag dink, die moord op hierdie onskuldige vrou, wat haar lewe daaraan gewy het om die minstes, die mees onderdruktes en die behoeftiges in hierdie land te dien – was so ongelooflik onregverdig. Ervaar jy ook ‘n gevoel van verontwaardiging?

Nou, sonder om dit as onbenullig af te maak, kom ons kyk na Jesus wat daar aan die kruis hang. Die Seun van God. Heeltemal onskuldig. ‘n Man wat soveel goed gedoen het, en sy lewe vir ons almal gegee het.

Hierdie verregaande daad van onreg het ‘n doel gehad. Dit was God se plan, dat Jesus die prys sou betaal vir ons selfsug, sonde en mislukkings. As iemand die gevolge van jou dade moet dra, moet dit tog jy wees – of hoe? Maar in ‘n verregaande daad van onreg – ‘n verregaande bewys van liefde – het Jesus die prys namens ons betaal. En dit … dit word genade genoem.

Romeine 5:15 maar met die genadegawe is dit anders as met die oortreding. Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk.

Paasfees. Verregaande onreg. Ongelooflike liefde. God se genade. Jesus Christus. Dit is die doel. En tog, hoe maklik is dit om die doelwit mis te kyk? Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.